28 February 2007

365 dae

Ek het vir ‘n rukkie nou al nie gepost nie.

Toe Will ‘n jaar geword het op 20 Februarie het dit my die ideale geleentheid gegee om ‘n jaar (sy jaar) in oënskou te neem, te reflect en memories te deel met almal.

Soos al voorheen berig, is Will gebore op 20 Februarie 2006 in Klerksdorp se Wilmed Hospitaal. Baie nice hospitaal, baie nice verpleegpersoneel wat na Elzna gekyk het. Ek het nog nooit so vinnig die kar uitgetrek, aangetrek en reggestaan vir enige iets in my lewe nie.

Toe Elzna my wakker gemaak het seker so net voor 6 met die nuus dat haar water gebreek het, het ek behoorlik gespark. Ek het nog vir haar gewag ook. ‘n Vrou se water wat breek is nie soos die flieks nie. As iemand gewonder het.

Anyway, Will is om 8:15 daardie oggend gebore met ‘n keisersnit. Ek het buite die teater gewag om my seun die eerste keer te sien. Ek is mos nie ‘n ou vir bloed en so nie. Ek kap sommer vinnig vinnig om. Ek sou ingegaan het op die voorwaarde dat ek my eie suster by my sal he. Dit het nie gebeur nie, so ek is nie in nie.

Hulle het hom seker so 15 minute later daar uitgetrollie in die broeikas, reguit na die baba afdeling toe. Ek is agterna, met Will se ouma wat probeer byhou het.

Met die eerste oogopslag was dit duidelik dat die ou ‘n looker is en dat hier nog moeilikheid gaan kom vir al die Evas.

Ongelukkig het Elzna twee weke na die geboorte weer siek geword en sy moes terug hospitaal toe.

Ek is toe alleen na Stella hulle se troue toe in die Vanderbijl Park.

Grand affere gewees met almal wat ‘n jolly tyd gehad het. Veral nadat Attie almal sooo mooi gevra het om lekker te kuier en nie terug te hou nie.

Die doop - Will is op 21 Mei gedoop in Vredefort. Dit werk mos maar so dat die weer ook iets wil se op ‘n dag wat daar ‘n gebeurtenis is. Wel, daai dag het almal notisie geneem van die Vrystaatse wind.

Dit was wragtig koud, miskien die koudste wat ek nog gevoel het. Die wind het behoorlik gewaai maar die susters en familie se koek en tee wat opgedis was, het lafenis gebied teen die winterkou.

Hier is Will op ses maande. Op ses maande het hy begin notisie neem van soveel meer goed om hom. Daarom die groot oë.



Ons was vir die langnaweek Eiland oord toe, anderkant Tzaneen in Limpopo. Baie lekker naweek gewees so in die bos. Hopelik sal Will hierdie jaar kan swem, want hy was die naweek siek en kon nie.

Ons het die drasak gekoop om Will so op die bors te kan dra en nie die heeltyd in die arms nie. Ons het egter nie in gedagte gehou dat die ou so vinnig gaan groei nie. Die sak is hierdie naweek gebruik en nooit weer nie.

Augustus 2006 by die huis, lekker warm toegedraai in komberse.


Naweek by sy oupa in Polokwane, in die swembad. Die son het gelooi, daarom die lekker hoed.


Ons was Montecasino toe vir die dag. Dit was Will en Elzna se eerste keer daar. Hulle het dit baie geniet. Will is mal oor water wat loop en al die fonteine het hom veral vermaak.

Die manier hoe hy slaap.

Ons was Potch toe vir oupa Tien se 80ste verjaarsdag partytjie. Daai oggend het Will ‘n klein ongeluk gehad. Hy het ‘n beker koffie nadergetrek van die tafel af en dit op sy skouer en bors uitgegooi.

Gelukkig het hy nie erg gebrand of enige permanente skade opgedoen nie. Die “gewonde krygsvegter” look was deel van sy grand entrance by die partytjie. Hy het soos 'n extra gelyk uit die De la Rey video.

Die verbande het nie lank opgebly nie en hy het dit die tweede dag afgetrek nadat dit hom gepla het..

Hier is hy in Januarie 07 saam met Saartjie (Roelie hulle se Labrador)

Vuilbek na breakfast.

en later in die dag ondersoek hy die kar vir enige probleme.

Hierdie is maar ‘n paar hoogtepunte van die afgelope jaar in fotos. Kinders word groot. Sommer vinnig. Aan die einde van die eerste jaar sê mens net dankie dat jy dit gemaak het (Of dat hy dit gemaak het).

26 February 2007

Super 14

Nou ja, as ‘n mens van jou span se oorwinnings op die blog sit, moet ‘n mens seker maar die laagtepunte ook noem as hulle gebeur. Vanaand was ‘n groot laagtepunt. Ek kan nie onthou wanneer laas ek die Cheetahs so sleg sien speel het nie. Iets het êrens net baie verkeerd geloop. Op die stadium is ek seker nie eers Rassie weet wat eers wat gebeur het nie.

Kom ek vat niks weg van die Crusaders af nie. Hulle het vanaand gewys hoekom hulle die kampioene van die kompitisie is en dit nou al vir ‘n paar jaar. Met al die All Blacks wat uit die eerste helfte van die kompitisie het ek gewonder wat van die Crusaders gaan word. Na hulle nederlaag teen die Welpies van Johannesburg het ek gedink is daar rerig die diepte by hulle wat ons gedink het. Nou ek is nou nie baie ophoogte met die Crusaders se name nie, maar sonder Daniel Carter, Richie Mcaw (spelling?), Chris Jack, Aron Mauger was daar nie vanaand vir my veel bekende gesigte nie.

Die Crusaders het nie dat dit hulle vanaand afskrik nie. Ek weet nie of die bogenoemde name eenigsins ‘n beter vertoning te weeg kon bring nie. Die Crusaders het gate in die verdediging van die Cheetahs gekry wat daar nie kenmerkend is nie. Hulle eerste drie kon daai ou druk selfs al het hulle touchies gespeel. En dit het net nie opgehou nie. Daar was so 10 minute in die 2de helfte wat die Cheetahs goeie kontinuiteit gehad het, maar dit was ook al. Herkie Kruger wat nogsteeds nie kan uitskop nie het ook nie gehelp om die sukkelende verdediging kans gegee om te hergropeer nie, en dan is die Crusaders weer oor die lyn. Dit was ‘n lang 80 minute.

Hoe kan dit gebeur dat die Crusaders wat gesukkel en verloor het teen die jong Leeus (ek het nie game gekyk nie, maar hulle kon net 3 punte aanteken) dinge so omkeer. Hoe kan die Cheetahs so swak vertoning insit na hulle oorwinning teen die Waratahs. Of is dit juis die probleem. Hulle laaste 3 wedstryde was teen 3 van die semi-finaliste van verlede jaar se kompitisie. Dit laat ‘n mens weer dink aan die wysheid van die All Black bestuur se besluit om hulle internasionale spelers te rus vir die opkomende wêreldbeker. Gaan ons ouens na al die harde weke nogsteeds ‘n spelpeil kan handhaaf om die bestes in die wêreld te wen? Ek is seker Jake White se hart mis ‘n slag of twee as Juan Smit so stil lê op die grond na ‘n hou teen die kop, of as Schalk Burger …………..wel, sy toks aantrek.

Maar om op te som, die Crusaders het ons ore aangesit vandag. Ons het nie goeie sitplekke gehad nie, en ek is nie ‘n rugbykenner nie, en ek weet nie wat verkeerd gegaan het nie, maar ek hoop die Cheetahs het goeie lesse geleer om hulle van waarde te wees in die res van die seisoen wat voorlê.

Ek luister graag na julle kommentaar.

PS. My kamera se battery is pap. Watch this space vir kommentaar en foto's oor die opkomende wedstryd teen die Chiefs.

25 February 2007

BNN: Generaal Roeland


Boedie Nuus Netwerk:
Generaal Roeland praat oor die pad vorentoe in Iraq.

20 February 2007

"WYN KASKENADES"


Die naweek van die 16de Februarie 2007 was baie lekker en was 'n aangename breuk in my normale naweek routine gewees. Het ‘n oproep van my vrind Willem Breedt ontvang met nuus dat hy daar in my valley, Stellenbosch, vir die naweek gaan wees. ‘n Baie goeie vriendin van Willem, haar naam is Maryke, het vir hom al die pad uit London uit kom kuier en sy het hom genooi vir ‘n kuier in die pragtige Stellenbosch.

Vir al die oud pukke: Maryke is ook ‘n oud puk en was sy in WAIT ‘N BIT!

Wel die naweek het heel formeel afgeskop met 'n bottel witwyn by een of ander restaurant langs die Dros. Van hieraf het die opskop, ironies genoeg, verskuif na Die Akker restaurant. Anders as die Akker in Potch was hier geen koffie bedien nie. Die aand het toe mooi tot ‘n einde gekom met pitza by ‘n restaurant met ‘n waitress met 'n baie aggresiewe persoonlikheid.

Die Saterdag was dit Maryke, Willem en Ek. Ons het die bekende wereld ingevaar waar daar in ‘n baie eksklusiewe taal gekomunikeer word. Woorde soos: kultivaar, ongehout, gehout, Vioner, Shiraz, blend, Cabernet, Sauvignon, Merlot, Pinotage en so meer. As jy die lingo ken dan klink dit nogal impressive. Soos die mense op die kaapse vlakte sou sê: DIT KLINK GRêND as jy so praat.

Ons het begin met Rustenburg met hul baie moderne ontwerpte proe lokaal. Die glase waarin die wyn bedien word is anders as jou gewone glase. Baie interesant. Die wyn was goed, maar die kersie op die koek was die pragtige uitsig wat jy vanaf Rustenburg geniet. Absoluut asemrowend.

Hierna was dit Delheim. Hier het ons onsself vasgeloop in ‘n baie onbeskofte Duitse dame wat die wyn aan ons bedien het. Sy was baie onsteld oor iets. Haar man was seker weg vir ‘n paar dae. Die wyn was lekker, alhoewel ek kan nie meer onthou nie, want na die eerste wynplaas proe jy in elkgeval nie meer nie, dan drink jy net, en jy maak of jy proe en asof jy die inhoud van die geure en die verskillende vrugte wat gebruik word kan identifiseer. Maryke se ander pêl het ons gejoin, Hannes of Chris. Ek is nie nou meer seker nie. Ek dink Hannes. Lekker gekuier, hy het egter ‘n troue gehad en moes ons verlaat.

Af in die pad was Muratie. Hier was die proe kamer vol spinnerakke. Ek dink hulle het probeer poog om ‘n vervalle murasie tipe effek te gee, maar ek dink hulle is maar net lui om skoon te maak dan los hulle alles maar so vuil. Muratie het ‘n baie lekker Shiraz 2003. Die dame het egter vir ons gelag toe ons vra hoeveel dit kos, aangesien sy gedog het ons is studente en dat ons dit nie kan bekostig nie.

Van hier af was dit na die plaas van die kaas en die mooi Bokke, FAIRVIEW. Ons was amper laat, maar wel toegelaat. Hierdie wynplaas is lekker want jy kan kaas eet terwyl jy wynproe. Die wyn is eintlik nie so lekker nie. Hier het ek natuurlik my naam weer met ‘n leë wynbottel geslaan deur per ongeluk in die dames toilet in te stap. Kom ons gee die wyn maar die skuld.

Weg by FAIRVIEW het ons gejaag na SIMONSVLEI. Hier het hulle ons ook net net geakkomodeer. Nie veel gebeur nie, want die mense het begin oppak terwyl ons nog geproe het. Ek kan nie eers onthou hoe die wyn geproe het nie.
Die dag het geeinding met ‘n braai by Maryke se pa se huis. Lekker geselskap en kuier saam met vriende en familie is maar die beste. Dit was ‘n lekker tyd gewees en ek is seker dat wanneer Maryke en Willem in die omgewing is ons die avontuur sal voortsit. Daar is nog ‘n paar honderd wynplase om te gaan.

19 February 2007

Let the games begin!!

Dit is weer tyd vir die Super 14 rugby kompitisie om af te skop. Daar word groot verwagtinge gekoester van die Sentrale Cheetahs in hierdie jaar. Daar word alreeds so voor die kompitisie gepraat van semi-finals. Heeltemal te vroeg in my opinie, maar defenitief ‘n doelwit wat bereik kan word. En wie weet dalk weer ‘n oranje stadion in Bloem om die Cheetahs aan te spoor in ‘n finaal.

Maar vir nou was dit rondte een van die kompitisie. Eerste op die lys. Die Stormers. Ek het lank hierna uitgesien aangesien my pa ‘n groot WP en Stormer ondersteuner is, was dit vir hulle die idiale geleentheid om vir die naweek te kom kuier en saam die rugby skouspel te kom geniet. My pa het kontakte by Sanlam en vir ons kaartjies gekry vir die losie vir die openingswedstryd van die seisoen.

Ons is in ons netjiese klere geklee (vir die losie), af oppad na Vodacompark vir die groot stryd. Dit het net gevoel soos in my laerskooldae toe ons hier in Bloem gebly het en dit was ‘n gereelde uitstappie om Saterdag saam met my pa te gaan rugby kyk. By die stadion aangkom was die gees reeds lekker warm. Ek is net dankbaar ek hoef nie in die somerhitte agter ‘n bal aan te hardloop vir 80 minute nie. Sanlam het ons lekker bederf met al die eet en drinkgoed wat op die huis was die hele aand.


Met afskop was daar enkele plekke hier en daar oop, met die meerderheid geklee in helder oranje uitrustings en Cheetah vlae wat wapper soos dit van links na regs gepluk word. Die besoekers het vasberade gelyk met hulle nuwe donkerblou truie in plaas van die swart waaraan ons gewoond geraak het oor die laaste paar seisoene. Met die CHEETAHS-CHEETAHS kreute en brullende Harley Davidsons het die tuisspan hulle verskyning gemaak met vuurwerke om die begin van die seisoen aan te kondig.
Die eerste 20 min was ‘n harde gelykop stryd met albei spanne wat wou domineer. Die Stormers was eerste op die telbord met strafskop wat deur Naas Olivier deur die pale gejaag is. Die ligte bo van die hoofstadion se dak af het bly flits uit Rassie se nuwe uitkykpos.
Die Cheetahs het stadig maar seker die oorhand gekry en het die laaste kwartier van die eerste helfte in die kwartgebied van die Stormers geboer. Daar was twee geleenthede wat die Cheetahs oor die lyn was en die skeidsregter die beslissing na die TV skeidsregter verwys het. Elke keer was die manne in wit kort van die lyn. Die derde keer was ek oortuig daarvan dat die drie toegeken moes word, maar toe nie.
Schalk Burger is steeds onverskrokke ten spyte van sy nek besering wat hy verlede jaar opgedoen het. Net voor halftyd kon die Stormers se verdediging nie meer die druk hou nie en die Cheetahs druk hulle eerste drie (sonder dat dit hoef te verwys word na die TV skeidregter). Halftyd 5 – 3 in die guns van die Cheetahs.

Kort na halftyd was dit weer Olivier wat nog drie punte by die besoekers se telling gevoeg het om die Stormers weer in die voortou geplaas. Dit was duidellik dat die nuwe toevoegings in die Stormers arsenaal naamlik Conrad Jantjies en Brent Russel gemaklik inskakel by hulle nuwe span. Juan Smit is ‘n yster en in my opinie een van die beste losvoorspelers in die wêreld. Hy het ‘n paar van die Stormers getackle dat hulle llllllllluister!!
Die Cheetahs het aan die bal geklou om die balbesit te domineer en het aanval na aanval geloods met hul agterspelers en nadat ‘n goeie grondslag deur die voorste 8 gelê is. Marius Joubert op senter het ook ‘n nuwe dimensie aan die manne in wit se slaankrag toegevoeg. Meyer Bosman het ‘n paar strafskoppe deur die pale gejaag na foute wat afgedwing is deur die volgehoue druk.
Herkie Kruger het die lyn goed weggestuur (kan nie dieselfde sê van sy taktiese skopwerk nie) vir nog ‘n aanval, en CJ van der Linde op vleuel het vir arme Gio Aplon onderstebo gehol om af te rond in die hoek. Kabamba het ook sy goeie vorm voortgesit en nog ‘n drie gedruk om die wedstryd te seël vir die tuisspan.
‘n Goeie begin vir my span, maar daar is nog ‘n lang pad voor en baie werk om te doen. Sterkte vir die seisoen. VRYSTAAAAAAAAAT!!!